Totale bekende gewig

Totale bekende gewig (TBG), ook genoem totale bekende massa,[1][2] is 'n term wat hoofsaaklik deur handelaars in meteoriete en versamelaars daarvan gebruik word om die gekombineerde gewig van al die fragmente van 'n enkele meteoriet aan te dui. Die totale bekende massa van 'n meteoriet is 'n klein deel van die massa van die oorspronklike meteoroïde wat die aardatmosfeer binnegekom het om die meteoriet te vorm.

  1. The British and Irish Meteorite Society, Glossary
  2. Guidelines for meteorite nomenclature Geargiveer 17 April 2010 op Wayback Machine - Meteoritical Society - Committee on meteorite nomenclature.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search